Daar is ʼn groot verskil tussen dink jy wil iets en om dit in werklikheid te kry! Ek het niet net gedink nie, ek was seker dat ek ʼn verhouding met ʼn baie oulike man wil hê! En dit is nie dat ek dit nie wil hê nie, natuurlik wil ek… die pad daarheen is net nie wat ek gedink het dit moet wees nie.

Eerlik… niks van die besigheid waarin ek nou sit, is soos ek dit vir myself gedink het nie. Nie die man wat ek gedink het ek moet hê nie, nie die tipe verhouding wat ek gedink het ek moet hê nie en ook nie al die dinge tussenin wat ek nie gedink het ek moet hê nie. Ek weet nie by jullie, maar by my roep dit dan die vraag op… wat het ek eintlik gedink?

Wel… ek wou dat dit sonder probleme gaan. En begryp my goed, die probleme waarvan ek praat is niks negatiefs nie. My idee was net dat dit egalig en sonder konfrontasies moet gebeur. My slapende skoonheid van vroeër… as ek wakker word, dan is alles gesettle en bly dit ook so! Daar is tog niks verkeerd met so ʼn gedagte nie? Nee, voorwaar ʼn briljante gedagte… alleen werk dit nie so nie!

Ek het al genoem dat ek ʼn afvallige gereformeerde antie is. In my soeke na iets wat wel vir my werk, het ʼn vriendin vir my ʼn boekie van Deepak Chopra gegee, “Die sewe spirituele wette van sukses.” Vanoggend het my gedagtes by die vierde wet van die boekie ʼn draai gaan maak, eintlik huiwer my gedagtes al ʼn tydjie in die omgewing. Dit is “die wet van die minste weerstand.” Die wet gaan oor aanvaarding en verantwoordelikheid. Aanvaar mense soos hulle is… oke, hy is nie te bad nie, inteendeel… tot dusver kos dit my min moeite om hom te aanvaar soos hy is, verbasingwekkende min moeite. Aanvaar die situasie waarin jy nou is… nou ja toe, dit vra ʼn stukkie meer van my! Skelm vry, was nou nie die eerste gedagte wat ek gedink het as ek gedink het oor ʼn nuwe verhouding nie! Ja, komplikasies aan sy kant, hou ons in geheimhouding en gister het ek agter gekom hoe graag ek dit ook so wil hou.

My dogter, met wie se vriendin se pa ek karfoefel, het so ʼn vuil spesmaas gehad met wie haar ma haar besig hou en het gister erken dat sy vuriglik hoop dat dit nie die geval is nie, aangesien sy alreeds die naarste senarios vir haarself opgetower het. Sy was so ywerig om die feit te kan verwerp as nonsens, dat ek nie eers nodig gehad het om te lieg nie. Dit was vir my skokkend!

Kyk, ek weet dat ek nie my lewe kan en wil lei volgens my kinders, of dogter se wense nie. As ek en Whêna histeries verlief was op mekaar… ja, dan kon hulle die “pot op” soos die Hollanders sê! Maar dit is nie die geval nie. Daar is huidiglik geen waarborg dat ons kontak in iets permanent gaan uitloop nie. In die lig gesien, vra ek myself dan wel af of ʼn mens soveel stof moet opskop tussen twee vriendinne, soos hier kan gebeur. Ek weet dat beide van hulle daarna sal kan kyk van “hoe bedinges kan die volwassenes raak,” ek twyfel ten sterkste of hoop in elk geval dat dit hulle vriendskap nie permanent gaan beïnvloed nie, maar dit gaan wel ʼn stremming veroorsaak, daarvan is ek seker.

En dan val die stuk van verantwoordelikheid op my. Is dit wat ek met hom het, die stof opskop werd? En ja, ek weet dat daar nog geen stof opgeskop is nie, maar dit is nou nie dat ek en hy 007 -aksies uithaal om ons kontak geheim te hou nie. Hy stop voor my deur om my op te haal en soen my ook voor my deur hallo en totsiens. ʼn Warrelwindjie kan met die grootste gemak begin!

Nog ʼn aaklige konfronterende iets was toe my dogter, volgens haar dood tevrede met die feit dat dit nie Whêna is nie, vir my in geen onduidelike taal vertel het dat Whêna beslis nie die regte persoon vir my is nie. Haar redes begryp ek, sy en haar vriendin kuier gereeld oor en weer en wat sy tussen die ouers gesien het, was nou nie iets wat sy vir haar ma sal wil hê nie. My hel, ek het presies so daaroor gevoel ʼn paar jaar gelede. Sou hom nie met ʼn paal aangeraak het nie! Ek is nogsteeds verbaas as ek hoor dat ander mense hom nog altyd as ʼn warm, sagte persoon gesien het. Deesdae weet ek dat hulle reg kyk en dat ek met exman oë gekyk het, maar die feit oorrompel my nog gereeld.

Sien… dit is nou die konfronterende “ietse” wat ek met my slaapende skoonheid senario heeeeltemal wou vermy het! Ek het regtig my mislukte huwelik omgekeer, uitgedop en skoongewas… en tog kom ek nou agter dat jy bly kleef aan dit wat jy die laaste geken het.

Ek was intussen baie dapper. Hy het my uitgenooi om saam met hom Frankryk toe te gaan vir vyf dae. Hy wou na besigheid moontlikhede gaan kyk het. Ek het besluit om vanuit self-liefde te dink en doen, en my angste op die sylyn te los… ek het dus ja gesê en verlof ingesit vir drie dae. Ons dink gerieflikheids halwe nie aan die feit dat ek ʼn kampeer sessie voorgestel het nie, waarin ek ʼn vierpersoons tent by ʼn vriendin gaan leen het en my eie enkel opblaas matras saam gevat het nie ; / (net vir ingeval). My ex kon vir hom altyd so agterdeure oophou en ek kom agter dat heelwat daarvan ook op my afgeskuur het  : )

My bek het in die vyf dae gereeld oor die klippe gewobbel van verbasing as die man sonder dat hy gevra word, iets vir my doen! Of aanbied om iets wat ek in die tent vergeet het, vir my te gaan haal! Hy was die vuil skottelgoed, gaan koop vars brood en iets lekkers terwyl ek my aantrek… was my hare en my liggaam. Whauw, dit klink belaglik, maar dames, dit het nooit voorheen met my gebeur nie… ʼn man wat my versorg… ken ek nie! Miskien… net miskien is daar iets goeds te sê oor die Hollandse man…

Hoe het die vyf dae gegaan, wonder julle seker? Wel, ons het nie eers die ander binneslaaptent aangeraak nie. Ons het by mekaar ingeval asof ons al jare saam in ʼn tent bly. Ek het ontdek dat ons so ʼn bietjie dieselfde aard het, ons hou daarvan om ʼn anders persoon op sy/haar gemak te stel… ons het ons alby, behoorlik op ons gemak gevoel die vyf dae!

 

My voetsole juik om weg te hol : /

Advertisements

Nou gaan julle seker vir my sê… my ffff… vrou, waar gaan jy nou heen?

Eerstens het ek weer ʼn bietjie bloed oor my hersings laat gaan. Wonderbaarlik as jy dit doen! Soveel meer rasionele gedagtes om uit te kies as gedurende jou angstige, suurstofarme, versmoorde breintoestand!

Eerste gedagte: ek het my les geleer. Die keer het ek binne twee weke my foutiewe gedagtes besef… jare gelede het my ex byna twee jaar sy fly-fishing tegniek op my geoefen… en ek wou dit nie sien nie!

Tweede gedagte: ek is tog lief vir myself! En al was ek vir ʼn tydjie so deurmekaar soos ʼn blikkie vrugteslaai in ʼn wasdroger, ek het nou weer al die vrugte soort by soort! Behalwe vir my haarkleur wat verander het : ) (nee, nie regtig nie… nogsteeds sout en peper) is daar geen regtige skade nie.

Derde gedagte: hel… het julle skilderende Hans gesien? Ek het! My vriendin het ʼn foto van hom vir my gewys…. GROOT TELEURSTELLING! Waarom dus, gaan ek ʼn beskikbare… baie aantreklike, plesiergewende en nog oulike man opgee. Ek het tog die besluit gemaak om “hormoonstiller met knuffels” te vat en al was die impak aanvanklik ʼn bietjie skrikwekkend… wil ek dit nogsteeds hê! “Whêna” gaan my oefen kêrel word.

Vierde gedagte: as die “true love” verby kom… en hy gaan, dan is daar niks wat my keer, om hom aan te keer nie. “Whêna” weet waarna ek opsoek is! Net soos ek weet wat hy wil.

Vyfde gedagte: man, ek hou van suurstof oor die brein! Ek voel soveel rustiger!

Daar het overall rus en roetine gekom. Deur sy huis verkoopery, moet daar heelwat gebeur. Verfwerk, klein reperasies wat die oog gaan vang, tuin wat gesnoei en geknip moet word! Die man sit tot oor sy ore in werk, in en om sy huis. Vir rollebol is daar dus nie soveel tyd nie. Vir my beteken dit dat ek rustig tot verhaal kan kom en dinge nugter kan oorweeg.

Naweke het ons tyd vir afsprake geword en dit word ook nog tussen sy golf speel en my sosiale lewe om gedoen. Nou ja… en aangesien dit nog skelm gebeur, moet daar ʼn leë huis tot ons beskiking wees. En… hoewel die eerste emosie-malle-maande heerlik was, ons vergeet gerieflikheids halwe van die loskoppie wat daardeur veroorsaak is, pas die stadiger pas beter by my! Dus, kyk ons noord en dinges voort!

Wat vir my egter ʼn heel positiewe belewenis is, is die feit dat ek kan sien hoe ek groei! Ek meen, hier word ek byna elke naweek gekonfronteer met ʼn kant van my wat ek net na baie veilige mense toe geopenbaar het, byvoorbeeld my beste vriendinne, behalwe die wat in meisies belangstel en ook die veilige vriendinne se mans… dit is ook onder voorbehoud gedoen van hoe veilig ek my by hulle voel! Wat ek na veilige mense toe doen… is dat ek my so effens oopstel, wys dat ek omgee, aanraak, ensevoorts..!

Die groei proses, is stadig besig om hulle ook tussen my en Whêna te ontwikkel. Ek begin my meer en meer op my gemak te voel… kreune en sugte begin nou meer bekend te word, dus konsentreer mens nie meer so op die ander persoon nie. HY begin nou bekend te word. Dit is tog ʼn heerlike gevoel, nie waar nie… daardie bekendheid en die algemene gevoel dat julle saam groei!

Man, misgis ek my toe vreeslik ʼn naweek of wat gelede met my groeiery! Ons het hier ʼn langnaweek gehad en volle toegang tot sy huis vir die helf daarvan. Ons het Vrydagaand ons gebruiklike afspraak vir naweek gehad, ons hou dit hoofsaaklik by een afspraak per naweek. Sondag bel hy my egter en vra of ek wil oorkom vir ete en ʼn movie. Hy het meer ete bestel as wat hy opkan. Ek het net die stoofplate afgesit, my ete was reg, maar ek moet erken dat sy Italiaanse maaltyd baie lekkerder geklink het… ha ha, wie probeer ek nou te bulldust!

So saam met die uitnodiging vertel hy dat al sy mense nog weg is en ek die nag kan bly slaap. Ek dag die man maak ʼn grap en dink nie eers ʼn tweede keer daaroor na nie. Ons het lekker geëet en hy het vir ʼn verandering in my arms gelê en film kyk! Allles presies soos dit moet wees. Na die film sê hy dat hy net gou die hond vir ʼn piepie rondjie moet vat en dan kan ons gaan slaap. Hy was al by die voordeur uit en ek het heerlik ontspanne my op die bank uitgerek toe die toon in sy stem of iets my tref.

Sou hy dink dat ek hier gaan bly? Wil ek hier bly?

Op hierdie punt moet ek eers ʼn ander verhaal met julle deel. Ons het hier ʼn knie hoogte WAG-hond, genaamd Diesel! Dapperheid moet by hom kom les neem… of so dink jy as jy hom blaffend op die voordeur sien afstorm en een van ons met ʼn pantoffel agter hom aan. Die hond is standhoudend, laat hom nie indoktrineer deur ʼn pantoffel nie.

So gaan loop ons in ʼn park naby ons huis op ʼn sonnig somers dag : ) Die park is so ongeveer ʼn kilometer lank en halwe kilometer breed. Diesel snuffel, soos altyd, weer op die grond na iets om te eet terwyl ek en dogter geselsend op ʼn aantal struike afloop waar daar ʼn klompie kinders tussen speel. “Wagter” (Diesel) het in teenstelling met ons, klaarblyklik nie die kinders gesien nie en was langs die struik toe hulle jillend tussen die blare uit storm. Man, die hond het homself nie eers die tyd gegun om in die lug te spring soos hy skrik nie. Hy het net sy stert tussen sy bene getrek en gatskoon gemaak. Geamuseerd het ek en my dogter gewag om te sien hoe ver hy sal gaan voor hy besluit om te kyk waar ons is. Halwe kilometer later sien ons hom spoed verminder… Blades se moer om by hom te gebly het! Maar so kom hy tot stilstand en draai hy om. My dogter en ek het nog nie sover gevorder nie, ons bene was, soos julle kan dink, styf oor mekaar geklem… my sweet was bereid om in straaltjies langs die binnekant van my bene af te loop so lag ons. Die hond het ons met ʼn beskuldigende blik ingewag… ja nee, hy het nie van sy plek af gemove nie en daai kyk toe ons naby kom van… “wat de fok makeer julle… as ek gatskoon maak dan volg julle… julle wag nie vir ʼn uitnodiging nie!”

Nou ja, as julle die prentjie in julle koppe hou… Whêna moes al tien slotte van sy voordeur weer oopgesluit het, ek kan nie eers onthou of ek hom ʼn nagsoen gegee het nie, ek vermoed wel dat ek in die verbygaan iets geroep het van die hond of kinders… of alby. My fietslamp, die voorwiel werk soos ʼn kragopwekker, kon so deur die army gebruik geword het vir ʼn soeklig… hellerder as heller! Dit was koelerig die aand en ek was maar dun aangetrek… niks daarvan gevoel nie!

Die knars van my sleutel in ons skuurdeur waar my fiets gebêre word het my eers weer laat nadink. Die deur kon ek nie oopkry nie want ek was te besig om my nat te maak van die lag… ek sweer die man het nog in sy voordeur gestaan en gewonder wat hom nou presies getref het.

Dames… ek skrik nie maklik nie! Hemel, en beslis nie vir saam met ʼn man slaap nie! Daar is min dinge lekkerder as om teen ʼn warm manne liggaam aan te lê… tog het ek myself boeglam geskrik.

Ek het my fiets toegesluit en hom gebel. Ek kon nie uitmaak of hy die hele episode amusant vind of nie. Ek het hakkelend en half laggend iets vir hom probeer uitlê wat ek self nie eers verstaan het nie. Hy het gesê dat hy verstaan! Ek het dit daarby gelaat!

I’m gonna hate myself if I’ve become to much of a chickenshit to sleep with a man!

Ek kan my nou nie herinner of ek êrens in ʼn stuk, my vereistes vir ʼn man gegee het nie. Ek weet ek het genoem van mooi hande en julle weet nou dat die mooi hande verkieslik, moet kan klavier speel en dat hy ʼn sagte manier van praat moet hê… Maar… my ideale man het geen kinders! Uit en klaar! Logika het vir my gesê dat twee stelle kinders, hoe oud ookal, net vir hoofpyn kan sorg!

Hoofpyn is daar! In die vorm van sy jongste dogter. Klaarblyklik ʼn gevoelige kind! In ons vriendekring… is dit nie noodwendig dieselfde woorde wat gebruik word nie. Ek hou liewers my mond… ek ken mense wat geskei is toe hulle dogters 16 en 18 was en kom ons laat dit daarby dat hoewel hulle jongste nou al byna 30 is, gaan dit met haar soos met die ANC… alles is apartheid se skuld.

Ons vry dus nogsteeds skelm!

Soos ek verwag het, is daar klein jakkalsies wat orals krap en knaag. Huis moet verkoop word, nuwe blyplek moet gesoek word, dogter nog in opstand! Ek dink hy en sy jongste het op hierdie stadium die meeste las van die onrus en onsekerhede in hulle lewe. Nogsteeds kwaad vir haar ma oor die se eskapades, maar ook nie regtig lus vir by pa bly nie… wil sy eintlik, doodeenvoudig net in hulle huidige huis bly, met die twee weer “gezellig” tesame! Min of meer ʼn verstaanbare wens van die kind!

Maar glo my vry as ek sê dat die jakketjies nie net aan sy kant van die wingerd grawe en knaag nie. O nee! Ek nooi hulle uit… ek wys hulle by die hand waar ek wil hê hulle moet karring! Ek weet dat ek al voorheen genoem het dat ek stupid is en ook daarna weer beweer het dat ek nie “so” stupid is nie! Vir alle duidelikheid, wil ek tog weer herhaal, want ek het gedurende die afgelope tyd besef hoe stupid ek kan wees as noodsaaklike suurstof nie my grysstof bereik nie!

Eers gaan ek iets anders moet beken… ek en hy het meer as net twee biere begin drink na sy vrou, semi-permanent by haar kêrel ingetrek het. Daarom weet ek dat hy gul en konsidererend… grappig en lief… bla bla bla, is! Ek is nie verlief nie, maar ek het tog die draad so ʼn bietjie verloor op ʼn stadium.

Ek het DIE klassiekste fout, vir my dan, byna weer gemaak!

Tot my verdediging (maggies, ek verdedig myself darem baie… sê dit dalk iets?), wil ek noem dat ek en my ex nou nie, wat jy ʼn liefdevolle verhouding so op die eerste gesig sou noem, gehad nie. Hy was nie so sterk op die “geknuffel” en gevattery nie. Meer ʼn man wat geweet het hoe om dit te doen as hy dit nodig het, maar spaarsamig daarmee omgegaan het en dieselfde spaarsamige gebruik daarvan van my verwag het. Verbystert was ek dus toe die man, wat volgens sy vrou se verhale, veral in die opsig baie soos my ex geklink het, uitdraai as ʼn knuffelaar uit die boonste rakke as ons saam is. Met ons eerste date het hy al direk agter gekom dat ek van soen hou en doen dit sedertdien met oorgawe! Hy speel… hy lag… en ek geniet dit terdeë!

Julle sal met my saam stem dat dit tot dusver nog net goed klink! Waar kom die klassieke fout in die prentjie. Nou, nou, dit is daai stuk wat die ou in “Men from Mars and  Women from Venus” onder ons aandag probeer bring het. Manne en vroue se “taal” is sover verwydert soos Mars van Venus af is op die beste tye.

Ek het met ʼn duidelike beeld in die saak ingegaan. Regtig…! My beeld het soos volg gelyk: (aangesien ek intussen gegroei het, self-liefde nou blou in die blom staan) kan hy my nou iets bied wat ek met my vorige hormoonstillers nie toegelaat het nie… warmte, geneëntheid, speelsheid, sommer net lekkergeit! Daar teenoor het ek, volgens my begrip van sy offisiële uitspraak, die versekering dat dit op “hormoonstiller” basis gaan bly. Iets soos friends with benefits, maar in die geval is dit hormoonstiller met ʼn hoop geknuffel en baie soennery! Voorheen sou die elemente vir my belaglik gelyk het, dit sou dinge net gekompliseerd maak. En van komplikasies het ek nie gehou nie… eenvoud was die wagwoord! Maar nou voel ek dit is ʼn probeerslag werd.

Van my kant, bied ek hom natuurlik dieselfde! Dit kan tog nie duideliker as dit nie!

Aha! Wat man se kind doen, en dit het ek so ʼn bietjie uit die oog verloor! As “Whêna” vir jou gesê het dat hy nog nie ʼn verhouding wil begin nie, dan neem hy aan dat jy alles wat hy daarna doen en sê, teen die agtergrond sal sien. Dus hy kan lief wees, jou vertel dat hy nie uit Amsterdam wil weg gaan nie omdat hy nie ver van jou af wil wees nie! Jou speels daarvan beskuldig dat hy besig is om gewig aan te sit sedert hy met jou is…! Hy kan jou vertel dat hy saam met jou wil gaan vakansie hou en ook dat hy graag ʼn hele nag saam met jou wil wees en soggens langs jou wil wakker word…

Nee… komaan dames! Haal asem… al wat dit beteken is dat hy met jou kop smokkel! Nee, nie eers dit nie… jy smokkel met jou eie kop! My moer en myne is al so sout en pepperig dat ek heeltemal die kluts kwyt geraak het. Ek het byna vergeet dat ek presies daardie fout met my ex gemaak het. Toe het ek ʼn blonde koppie gehad wat ek as ekskuus kon gebruik!

Terug by “Whêna”, nadat hy my dus vorige naweek gebel het omdat hy vroeër terug gekom het van ʼn golf langnaweek met vriende en my graag wou sien, het my koppie wat al half uitgehaak was, sommer los begin rondrol! Daar was nie eers sprake van selfs die dunste draaitjie om enige vaste verbinding met iets te suggereer nie. Die loskoppie-geit is net verder aangehelp deur ʼn heerlike middag saam met hom. Hy het my bederf en sooo goed laat voel dat ek alleen maar bevestiginge gesien het in alles. Wat was die alles? Ek het begin wonder of ek nie myself benadeel deur na alles te kyk met ʼn hormoonstiller attitude nie… moet ek myself nie toelaat om verlief te raak nie… ek meen, die ou bel my dadelik as hy vroeër as verwag by die huis kom! Hy kan my nie uitlos as ek by hom is nie… mens, dit bevestig tog net dat dit waaroor ek die afgelope weke gewonder het… moontlik waar is!

Al wat nodig is, is net tyd… vir hom om uit te vind dat hy meer as net “hormoonstiller” status wil hê.

Ons gaan hier weer vir FOUT… GROOT FOUT… VERSKRIKLIKE GROOT FOUT!

Net soos “Whêna” se woorde en dade my nou klaarblyklike, dowwe koppie laat twyfel het oor my eie optrede, so het my ex se optrede dit jare gelede ook gedoen! En kyk in watter gemors het dit my laat beland! My interpretasie was toe net so verkeerd soos nou!

Oorreageer ek? Miskien! Al wat ek weet is, ek het my so nugter geskrik dat ek nou ʼn brunet is!

Kom ek vertel julle wat het die eye-opener geword… niks besonders nie! Alleen nog ʼn date… Ek het hom die volgende dag weer ontmoet, op sy versoek (dit was eintlik ons oorspronklike afspraak) en hy was… anders! Ek het die oggend na my zumba les al gewonder of dit so ʼn goeie idee was om mekaar weer te sien, maar die klein stemmetjie wat die vorige dag nog helder onthou het, het my gewonder sonder skroom onder die mat in gevee en so is ek na hom toe.

Intrapslag het my al gesê dat iets nie klop nie! Ja.. ja, die “voel” is daar beslis nog! Ek het besluit om op ʼn mooi manier, tog ʼn bietjie afstand te neem en te kyk hoe die wind waai. Maar ek kan julle verseker dat my wasmasjien se klokkespel niks was in vergelyking met die klokkespel wat intussen deur my koppie geraas het nie! Na stille, rustige waarneming (ek het my bes gedoen), het ek besluit dat die wind na ʼn moeë kant toe waai, asook ʼn onrustige, weet nie wat ek eintlik wil hê nie, kant! Ek daarteenoor was nie moeg nie, zumba het my energiek en ontspanne gelaat en ek het beslis geweet wat ek wil! Ek wou absoluut nie by ʼn man sit wat nie weet wat hy wil nie!  

Oor ʼn koppie koffie het ek geluister na wat hy alles nog moes doen. Hy was aan die bespiegele oor waarmee hy moet begin. Ek het oor my skouer na buite gekyk, waar dit toe nog droog was, maar swaar bewolk. Op ʼn gemoedelike manier vir hom gesê, ek dink hy kan eerder na die koffie met sy grasperk begin, want dit gaan nie lank droog bly nie. Daar was niks negatief tussen ons nie. Ek het hom nie kwalik geneem dat hy moeg en rusteloos was nie. Ons is en bly op verskillende vlakke. En eerlik gesê ek wou baie graag die helse geraas in my eie kop uitskakel. Iets wat ek vermoed het sal gebeur as ek teruggaan huistoe!

Of my houding hom beïnvloed het, weet ek nie, maar sy houding het verander en hy het daarop aangedring om my eers my beloofde massage te gee! Ek het die atmosfeer om ons gevoel en besluit om te bly. Die massage is egter kortgeknip deur ʼn telefoon oproep. Dit was dus duidelik nie ʼn dag wat ons saam moes wees nie! Ek het dit aanvaar vir wat dit was.

Oppad huistoe het ek die gebeure weer in my kop teruggespoel en siedaar… my ontdekking! Ses en twintig jaar het weggeval en ek het byna van die fiets af geval toe ek besef hoe vinnig ek weer so naby dieselfde fout gekom het!

Damn… en ek dag ek het my lessie goed geleer! Dag se dinges!

Ek het die les geleer, anders het ek nie besef wat ek nou besef het nie. Maar dit wys wel dat hoewel jy die les al geleer het, dit nie beteken dat hy nie weer langs gaan kom nie!

Oke… daar is dus geen sprake van leeu vang nie…

Nee! Nee! Dit bly totsiens vir datingsite! …

…maar daar is ʼn skilderende Hans (met die komplimente van twee vriendinne) wat op die agtergrond huiwer en ʼn Irish pub waar expats uithang!

Kry gaan ek hom kry!     

Soos julle kan aflei, het ek die ding gedoen. Was nie my bedoeling nie, maar dit het gebeur. Wel… nee, eintlik was dit die bedoeling, maar nie met die spesifieke man in gedagte en nie heeltemal soos ek gedink het dit gaan gebeur nie. Nou lê ek skuinsweg oor wat ek vermoed ʼn leeu is en soos ʼn rasegte Afrikaner vrou, weet ek dat ek my lê sal moet lê tot ek seker is dat wat hier onder my lê, presies dit is waarna ek soek.

Soms gee die “ding” onder my ʼn brul. Dan twyfel ek nie eers meer aan die feit dat ek die koning van die oerwoud aan die lyf voel nie, maar net as ek my hand teen sy lyf opstoot om my vingers deur sy bos mane te laat gly, dan hoor ek hier in sy borskas ʼn gegiegel rammel wat my laat wonder of ek nie hyena se kind hier vasgeval het nie.

Die punt is, dit het gebeur! Die man staan hier voor my en ek het nie eers ʼn datingsite vir hom nodig gehad nie. Ek ken hom al negentien jaar!

Tot my verdediging kan ek net byvoeg dat hy die grootste deel van die negentien jaar onbeskikbaar was en dat die verhale van sy vrou oor die negentien jaar hom blêddy baie soos my ex laat klink het. Dus het ek tot ʼn paar maande gelede niks meer as net dit gesien nie: ʼn Getroude man met ex-man neigings! Julle begryp dan as ek op die stadium skepties is om my brose hartjie vinniger te laat klop vir die aspirant kêrel. Nou vra julle julle seker af hoe ek in die gemors beland het… skuif reg dames, ek sal julle vertel hoe ek daarin beland het.

Ongeveer vyf jaar gelede het die dood van ʼn kennis, hulle direk in my vriendekring gegooi en het ek hulle as getroude paar meer saam begin sien. Daarvoor, het ek hom net gesien as sy dogter by my dogter kom speel het en hy haar opgehaal het en dan ook by verjaarsdae… dus ʼn handjie vol kere in ʼn jaar! Sy vrou en ek het n vreemde, maar tog werkbare vriendskap oor die negentien jaar aan die gang gehou, ek was dus altyd na verjaarsdae toe uitgenooi al was dit dan ook die enigste kere wat ek en sy mekaar soms in die spesifieke jaar gesien het. Ander kere het ons mekaar weer weekliks gesien, dit was gewoonlik as sy weer op een of ander man verlief was en dit met niemand anders kon deel nie.

Terug na die kere wat ek hom by verjaarsdae en ophaal van dogter gesien het. Met sulke geleenthede kon ek en hy altyd baie lekker kuier, maar ja, susters, ek kan ʼn lamppaal ook aan die praat kry as ek my daarop toelê, dus sê dit ook nie soveel nie! Maar goed, sedert hulle die binnekring van my vriendekring betree het, het ons baie meer met mekaar te doen gekry en as ek nou terug kyk, dan dink ek het my opinie van hom tog verander hoe meer ek van hom gesien het. Was defnitief nog ligjare verwydert van die punt waar ek hom as ʼn aspirant kêrel sou sien, maar tog, hy het ook ʼn ander kant gekry as alleen die een wat sy vrou gepresenteer het.

Hoe het dit gebeur, ja, ja! Ek was en is nogsteeds ʼn behoorlike vreemde mens en die aspek van my kom ook duidelik uit in my verhoudings met ander mense. Mense praat maklik met my… dit beteken ook dat hulle sonder probleme, soms vertroulike info aan my toevertrou. My suster het kliphard gewonder of haar oudste “DIT” al doen, ek het op daardie stadium al weer vergeet dat ek weet dat hy “DIT” wel doen en nog met meer as een dame! En so kla my vriendin oor haar man se “slegte” gewoontes by my en maak haar man weer ʼn opmerking oor haar “onbuigsaamheid”… by my. Dit is dus vir my tweede natuur dat sowel my vriendinne as hulle mans dinge met my deel. Kom nooit tussen hulle en deel nooit die een se opinie met die ander een nie, ek luister net. En so het die ding tussen ons begin.

Hy het my een aand net na ete gebel en gesê dat hy stoksiel alleen by die huis is, nou net klaar geëet het… ook alleen en nie lus het om alleen koffie te drink nie, dus dag hy, miskien wil ek saam met hom ʼn bier gaan drink. Ek het toe al weer dan en wan begin instaan as “decoy” vir sy vrou en by haar gehoor dat ʼn egskeiding alweer en vir die soveelste keer op tafel tussen hulle lê. Ek dag dus, miskien wil hy sy hart lug… nou ja, hulle kom tog nooit by skei uit nie (daar was al tien talle andere kere wat n“egskeiding op die tafel,” gelê het), dus laat hom maar praat. En na wat julle hier bo gelees het, verstaan julle nou seker waarom egskeidings so gereeld tussen hulle op tafel was. Nie dat haar man weet van haar eskepades nie, nee, die siel leef nogsteeds in onkunde en dit weet ek intussen eerstehands. Die vrou kan toneel speel soos niemend anders. Hy was meestal die een wat die egskeiding op tafel gegooi het, sy het dan op kommando begin huil, kerm en knaag en die egskeiding is weer van die tafel af gehaal. Haar woorde! Sy was nog altyd trots daarop dat sy mans so kan manipuleer.   

 Maar so het hy my na twee biertjies voor my huis afgelaai en het ons oor alles op die wêreld gepraat, behalwe oor onsself, sy vrou of sy egskeiding wat nooit gaan plaasvind nie! Die kuierry oor ʼn paar biere het daarna nog paar keer gebeur.  Ek het geleidelik met van ons ander vriende begin saam stem… hoe in die lewe het die twee besluit om te trou… erger nog, hoe het hulle gedink om daarvan ʼn sukses te maak! En glo my, dit is nie ʼn geval van “opposits attracts”… dit is greine wat teen mekaar inlê!

Hy bel my ʼn paar maande gelede, midde in die week en vra of ek ʼn bier wil gaan drink, want hy het iets belangriks om met my te bespreek. Ek het die naweek daarvoor weer so ʼn “Teleurstelling” deur die strate gejaag en het uitgesien daarna om van iemand anders se smart, hopelik, of sorge te hoor en sodoende myne te vergeet. En wat doen hy…? Die onkonsidirerende vent gee my net ʼn sorg daarby.

“Sy het my vir ʼn egskeiding gevra, ons gaan skei!”

Twee gedagtes het by my opgekom, eerste was dat sy dan ʼn kêrel het met wie sy wil trou. Hoe weet ek dit? Sy het gesê dat dit die enigste rede is wanneer sy met ʼn egskeiding sal instem of self een gaan vra. Die plaasvervanger moet alreeds op die sylyn staan. Moet nie eers probeer iets te sê nie, ek stem met julle saam, dit maak ʼn mens dom! Die tweede gedagte was, haleluja… oor ses maande gaan julle so bly wees dat julle dit gedoen het!

Ek het nog daar gesit en wonder of ek my simpatie moet aanbied of hom op die skouer moet klop. Alby totaal onvanpasde optredes… niemand in ons vriendekring het meer simpatie met die twee nie en as sy nie ʼn, vermoedelike trou-kêrel aan die haak geslaan het nie, dan was hulle nou nog “ongelukkig tesame” dus is ʼn klop op die skouer ook nie van pas nie. So in my bepeinsing slaat die ou toe my voete totaal onder my uit met sy volgende woorde.

“Ek sal graag by jou wil kuier.”

Ek het iets gemompel oor wat gaan sy vrou daarvan dink… nog erger, wat gaan ons dogters daarvan sê en… dink jy dit is slim, ons het dieselfde vriende! Hy het my gevra om daaroor na te dink en het my die keer vol op die mond gesoen toe hy my voor die huis aflaai. Dit moet ek erken, was lekker. Onverwags, maar lekker!

Ons is nou al ʼn maand versigtig besig. Versigtig… nou ja, dit kom omdat ʼn gay vriend van sy vrou, wat al vir maande hulle drempel deurgetrap het, toe uiteindelik blyk, sy vrou se trou-kêrel te wees en beslis nie so gay soos hulle gedink het nie! (ʼn vrolike kêrel is hy wel, behalwe as hy oor sy toekomstige ex praat : < hy is ook besig om te skei) Hulle twee dogters was, heel begryplik, in sewe veskillende soorte state nadat dit uigekom het. Om dan nog vir hulle te sê dat ons uitgaan… outch! En afgesien van die kinders in hulle toestande…het hy na hulle egskeiding offisieël ingedien is, net so offisieël vir my gesê dat hy nog nie ʼn vaste verhouding wil aanknoop nie. Dus is daar nie veel te sê nie.

Ek self, het beslis ook nie lus om my te laat meesleep met iemand wat nog tussenin wonde moet lek en bes moontlik oor ʼn klompie maande gaan begin wonder of hy nie eerder sy laaste batch met “wild oats” moet rondstrooi, eerder as om in ʼn “hormoonstiller met benefits” verhouding met ʼn ou vrou te sit nie! Nee, ek skiet myself nie af nie! Ek het net al genoeg gesien en… natuurlik wil ek myself beskerm, so stupid is ek nou ook nie!

Die punt is, ek weet nie wat die lekker wat ons saam geniet… en ek kan julle verseker, dit is lekker saam met hom, se houdbaarheids datum is nie! Die man is lief, grappig… ha ha ha, ek geniet sy droë sin vir humor! Hy is konsidererend, gul, kan klavier speel… nooit gedink ek gaan die een kry nie! : ) Het mooi hande en praat sag, soos ek daarvan hou! Hou duidelik daarvan om by my te wees! All in all, iets wat ʼn vrou ʼn kans kan gee…

 

Eehhggg, waarom wil ek dan bly die ander kant op donder?

 

Ek kan dit nie help nie! Nee sies, natuurlik kan ek dit help, maar dit is wel baie moeilik! As ek ʼn stuk lees soos die van “Mr High IQ”, dan moet ek kommentaar daarop lewer. Die man het my ʼn skatkis aangebied! Maar… dit was wel gemeen van my om sy goedbedoelde en goed beskrywende stuk uitmekaar te trek. Ek hou nou al byvoorbaat  ʼn “naar-wees” sakkie by my as ek na profiele kyk, want…

Dit spyt my, maar vertel my waarom kan die fantastiese ouens, want so klink elkeen van hulle stuk vir stuk in hulle profiel…. dan nie ʼn indruk op ʼn vrou in hulle gewone lewe maak nie?

Ek het op een ou se profiel gelees, dat ons soort van gat kant na vore werk. En dit is ook so! Ek het myself al afgevra hoeveel ouens ek nie al weggekliek het omdat iets in sy beskrywing, foto of sy verwagting van ʼn vrou, my afgesit het of laat besluit het dat ek geheel en al nie in die prentjie pas nie. Kom ek gee vinnig ʼn voorbeeld. Dit is nog een van die manne met ʼn klein en volgens my ʼn redelike verlanglysie:

 “Ik zou ‘t leuk vinden om in contact te komen met een mooie slanke intelegente vrouw die haar mannetje staat. Een leuk persoon die zelfstandig is en ook nog op z’n tijd een meisje kan zijn. Gevoel voor humor is vanzelfsprekend voor mij, kortom er moet gelachen kunnen worden. Een goed gesprek met diepgang behoort tot mijn wensen pakket. Daarnaast is lekker eten thuis of buiten de deur een belangrijke onderdeel van ‘t leven zoals ik dat zie”

 My vraag: Wat bedoel ʼn man met slank… vir my is ʼn slanke vrou op die minste vyf cm langer as my 1.63 en steeds krimpende figuur… slank is vir my sinoniem met maer… dus vergeet my rondings om die heupe en my middel wat sy bes doen om na juis die middel te buig (ek kan gelukkig met ʼn plat maag spog, maar dis ook al) Dus… reageer ek op ʼn ou as hy ʼn slanke vrou vra… nee… ek beskou myself nie as slank nie!

Bedoel hy dat die slank mooi is, of soek hy ʼn mooi vrou. En daar sit ek alweer vas… as hy ʼn mooi vrou wil. Wat is mooi… een sê Angelina Jolie en die ander Sarah Jessica Parker… ehhh ekskuus, nie een is vir my so mooi nie, maar ek lyk ook nie op een van die twee nie. Ek het ʼn gewone half ronde gesig, hier in Europa, ligte sproete oor my neus met een enorme sproet half op die punt van my neus ; ) My “vat geen nonsens vriendin” uitgesluit, het ek ʼn uitsakkende kaaklyn, wat by my leeftyd pas en ʼn nek wat daaraan dink om te begin frimmel… Spring nie uit die crouwd vanwee my looks nie, maar laat nou ook geen mens weghol nie. Dus wat is MOOI?

Intelegensie is nou ook weer so iets… wat de hel geld onder intelegensie? Oerdom is ek nou nie… maar gaan ek myself as intelegent beskryf? Weet ek nie… Ek is ʼn praktiese siel wat alles interessant vind, wil graag leer, maar o wee hou my weg van ʼn klaskamer en teksboek! Koerante en die nuus maak my naar en vermy ek… wie ʼn film regiseer kan my geen m_ _r skeel nie, as die storie my maar aanspreek en die vertolking daarvan geloofwaardig is. Werkend by ʼn finansiële pers blad, vermy ek al die fatale nuus wat ek daagliks met ʼn lepel inkry via tv oor die ekononie. Kan daar bogger-all aan doen en dit laat my net na ʼn stomp mes en my bloedare soek… wat maak dit my in die oë van ʼn man… intelegent?

En dan: “vrou wat haar man staan!” Die Hollandse man is so by so ʼn sissie… die mense het ʼn alomteenwoordige opinie oor alles, het neerbuigende opmerkings ontdek en perfeksioneer, is vermakerig en opgeblase terwyl hulle glo dat hulle beskeie en tolerant is (my eerste “Nederlandse” woord wat ek geleer het hier… toleransie! …komaan, die “box’se” het nie eers die woord in hulle taal nie, moes dit by die Engelse leen), maar daar stop hulle manlikheid oor die algemeen… vir die res hou die vrou die sweep vas! En jy moet nie dink sy vat die sweep nie, nee, die macho’s gee dit met die nodige toleransie vir die wyfie aan! Nee… nee, vir die ou, gaan ek hom nie word nie. Ek het ʼn pes daarin om my mannetjie te moet staan en ek het ʼn nog groter pes in ʼn mannetjie wat dink dat hy sy mannetjie by my moet probeer staan! Live and let live, is my kyk op die lewe en ek wil dit ook so hou!

Leuk en selfstandig maar ook een meisie kan wees. Ag nee fok man, sorry vir die Afrikaans, maar weet die idioot wat hy regtig wil hê…

My wasmasjien het gister die gees gegee en ek het sommer dadelik ʼn ander een gaan soek. Kry toe ʼn mooi een vir ʼn mooi prys. Ek het juis een gesoek met die minste en duidelikste opsies. Hel, ʼn mens kan ook maar net soveel doen met jou wasgoed… die ander drie duisend opsies is net om die prys op te jaag. My mooi een, met sy mooi prys gee my toe egter ʼn klokkespel elke keer as ek ʼn opsie kies…

Dit het my egter wel aan die dink gesit… die man wil eintlik ʼn knoppie onder sy vingers hê. “Plinggg” en die dame is oulik (leuk). Ek is oulik! Ek kan baie oulik wees as jy my die kans gee. Maar… “Plinggg” hy het genoeg van oulik en wil die dame nou weer ʼn bietjie van sy hande af…dus selfstandig. Oke, fair enough, die dame wil dalk teen die tyd self ook selfstandig wees (ek weet beslis ek sou… oulik wees kan ook behoorlik uitputtend word), dus daar gaan sy op haar twee eie bene en net mooi aan die gang dan soek hy die meisie wat in elke vroue skuil ; ) “Plinggg”  Teen die tyd… het hy my behoorlik die moer in! (Net so tussen haakies, wat sal ʼn vrou se bewoording wees vir dieselfde vereistes in ʼn man… oulik en selfstandig maar op sy tyd ook… volwasse… jy vul dit maar in ; )

Humor, het ek ook al aangeraak in een van my vroeëre stukke. Jy kan my kinders vra… familie ook, ons lê gedurig in ʼn duik oor een of ander, vir ons dan, humoristiese situasie of sê-ding. Kan jou ʼn brief gee dat in die meeste gevalle ʼn stoere Nederlandse kêrel ons gaan aankyk of ons van die pot af geruk is! Humor en lag… kan ek net weer beklemtoon, my ervaring sedert ek met die dating site begin het, is ʼn veel komplekser “iets” as wat mens op die eerste gesig verwag. Snaaks is nie ewe snaaks vir almal nie. En dan is my vraag weer… reageer ek op die ou? Het ek humor en kan ons saam lag?

Een goed gesprek met diepgang…  ag, wag net so ʼn bietjie… Verdomp… hoe ouer ek word, hoe moeiliker is dit om my are te kry! Aahaa… okey… ek is in die buurt van n aar… waar is die verdomde mes nou weer? ; ) (sug)

Kom ek gooi julle met ʼn hypothetese. As ek nou bogenoemde man in ʼn supermark ontmoet het waar ek byvoorbeeld op my tone gestaan het om ʼn produk van die boonste rak af te haal. Dan het hy my bes moontlik gehelp… ek sou hom baie dankbaar gewees het en natuurlik baie vriendelik na hom geglimlag het. Wat sou ons dan sien… ek sou ʼn behulpsame en op die oog af aangame man opgemerk het. Hy sou ʼn dankbare en vriendelike vrou voor hom sien staan het. Gesien teen dit wat ek tot dusver al beleef het, lyk die senario vir my na ʼn baie goeie begin.

Kennende my, sou ek ʼn spottende opmerking oor my lengte of die hoogte van die rakke gemaak het. Met sy verlanglysie vir sy ideale vrou vergete, want let’s face it, die vrou voor hom, is nie noodwendig sy “een mooi, slanke, intelegente…” bla bla bla vrou nie, vang hy my humor tot ʼn mate en reageer positief daarop, wat my weer positief op hom laat reageer, want hy vang so effens my humor en aangesien lag vir ons alby belangrik is, word hy vir my al hoe aantrekliker en ek vir hom al hoe slanker en mooier…. Teen die tyd dat ons vir ons “boodschappen” moet betaal… is mooi, slank, intelegent ect, nie meer so belangrik nie, want ons het die mens tussen al die tekortkominge raakgeloop.

Wat doen ons nou… ons meet en pas ons aan ʼn verlanglysie! Ons meet en pas ons toekomstige man weer aan ons verlanglysie… en hoeveel keer mis ons nie die mens wat ons eintlik sou aangespreek het, as al die lysies nie tussen ons was nie?

As julle uit my mymering die afleiding maak dat ek aan die einde van my soekery op internet gekom het, ja, sorry girls, maar hoe ek dit ookal relatiwiseer… dit is en bly onnatuurlik en vra ʼn magdom energie van my! Die energie gebruik ek liewers om op my slaapkamer muur te krap… nog ʼn inspirerende of minder inspirerende boek te lees of om my verbeelding te laat gaan oor die liefdes lewe van die karakters in my verhale!

 

“… ‘Ek weet nie… uughhff, ek weet niks van hom af nie! Die man maak net my bene lam as ek in sy oë kyk!’ Erken ek dan laggend. ‘Ek gaan doodeenvoudig sy oë vermy as ek ooit weer kontak met hom het.’

’n Maand of so later:

‘Kon jy toe sy oë vermy?’

Marcy se ma sny ñ stuk tert af en skuif dit deur na my toe. Ek slurp versigtig aan my beker met warm, soet tee… ek is op en dit is my eie skuld!

‘Ja… min of meer… Maar dit is toe nie net sy oë wat my in die moeilikheid gaan bring nie!’…”

Stukkies uit een van my verhale… sien hoe maklik dit kan gaan as jy self die storie skryf…. ; ) Net vir ingeval julle twyfel, dit is die begin van ʼn Happy ever After vehaal!

 

Die ewige optimist…  waashhh-chiee keyboard… hik : Q

Daar is nou nie meer ʼn sand korrel se twyfel by my nie… EK GAAN MY INSKRYF VIR N ITALIAANSE TAALKURSUS!  -_-

Waarom? Alle vroue doen dit hier as hulle pas geskei is of nie meer weet wat hulle moet doen nie! Italiaans leer is dan net die ding! Maak nie saak dat Spaans beskou word as een van die opkomende wêreldtale nie… nee Spaans leer hulle nie, dit is Italiaans! Ek vermoed een of ander sot het êrens deurgegee dat Italiaans die taal van liefde is… dus buig of bars… sussie gaan Italiaans leer : O

Ek het gisteraand op die volgende profiel afgekom en as dit nie was dat ek besef het dat ek net my velle af gaan val nie, dan het ek beslis by my voordeur uitgestorm en my oor die reling van my woonstelgebou gegooi! Ek bly egter op die tweede vedieping, nie naastenby hoog genoeg nie! Aangesien selfmoord buite die kwessie was, het ek iets anders probeer… ek het die ou se stuk end uit gelees… uugghhh!

Maar… ek het besluit om dit te deel! So iets is so besonder dat jy dit moet deel! Hier kom dit… lees maar net stadig, dan behoort julle dit te verstaan… dis die advies wat ek Hollanders gee as hulle Afrikaans wil lees… moet andersom ook werk. Kom… kom, vat die lustige bulletjie by die horings en lees….  heb = het en ben = is en dat = dit, alle z’te = s’se en ch’s = k’s... (skuinsgedrukte skrywe tussen haakkies is verduidelikings of waar ek myself net nie kon teë hou nie, dus my opmerkings)

“Hoewel ik (ek) geen HBO (Hoër Beroeps Onderwys – kollege of universiteit) diploma heb, dat is er door omstandigheden nooit van gekomen, heb ik een bovengemiddeld IQ. (Gaaf dat hy dit sê ek wou net afhaak toe ek lees dat hy geen diploma het! ; ) Bij de Nationale IQ test haalde ik de eerste keer een score van 125, de tweede keer 120. Ik heb geen derde keer meegedaan omdat ik mijzelf niet wil zien aftakelen. (Hy spaar ons gelukkig almal die angs van sy aftakeling… ek wonder hoeveel jare sit tussen toets 1 en 2?) Bovendien vind ik zo lang TV kijken (twee en half uur) te veel, ik luister liever muziek. (Ek moet dan n ontsettende hoë IQ hê, ek kan ʼn hele dag tv kyk en nog saans in die bed na musiek luister… of dalk nie ; ) Ik vind veel mooi, van Edith Piaf tot Metalica (Nothing Else Matters dan wel). (Sorry, my IQ is nie hoog genoeg om daai een te begryp nie… is dit ʼn liedjie?) Ik ben autodidact (bla bla bla… hy is slim en kan alles doen) en heb veel verschillende dingen gedaan in mijn (my) leven. Zo heb ik tien jaar een bedrijf (besigheid) gehad. Ik was Gastechniesch Installeur en ontwerp en repareer CV-instalaties. Ook weer door omstandigheden is hier een eind aan gekomen. (Die man se lewe word geteister deur omstandighede!) Na een (afgebroken) opleiding Sociale Academie (Dit is nou die een studie wat ek dink hy mee moes deurgaan!) heb ik gewerk als assistent landmeter, ik heb gewerkt bij een krant (koerant) en heb dinge gedaan in de sfeer van ontwerpen/bedenken (Laat ons dit daarby hou dat die outjie kreatief is en nuwe dinge kan uitdink). Leuk om hier te vermelden is dat ik bijvoorbeld die reclame met de waslijn (van deze sit ja) heb bedacht. (op die site sien jy ʼn wasgoedlyn met ʼn mans hemp en vroue t-shirt langs mekaar vasgepen… opsig catching en speels) Grappig en subtiel (al zeg ik het zelf) (Ha ha ha), net zoals ik ben (al zeg ik het zelf) (Ek wil glo dat hy ons been hier trek, maar ek het so my twyfels dat hy dit eintlik ernstig bedoel!     : @) Hoewel ik aardig wat tegenslag heb gehad in mijn leven ben ik een eeuwige optimist, (dit drup van elke woord! Dink hy dat hy terugslae ontdek het?) ik zie vooral de mooie kanten van het leven. (Sus! Sussie… waar is Boetie se kricketbat, mamma moet uit haar elende verlos word!) Als laatste wil ik nog kwyt dat ik, ondanks dat ik behoorlijk slim ben, absoluut geen snob ben, ik voel mij niks beter dan een ander. (Kan jy dit glo? Die man is n lopend wonderwerk!)

Julle vra julle nou af wat vir n vrou hy wil hê? Vir so n intelegente klong, is sy waslyn betreklik leeg. Imbesiele het meer vereistes vir die vrou waarmee hulle nog ʼn slag wil probeer(miskien is dit juis omdat hulle imbesielle is : O) Meneer IQ wil net ʼn vriendin hê waarmee hy kan gaan “wandelen”, ja… ek het julle in die begin al gewaarsku oor Hollanders en wandelen, hy wil “fietsen” ook so ʼn vreeslike Hollandse ding en met haar na die bioskoop. As daar ʼn meer intieme verhouding ontstaan (gelukkig dat hy nie ʼn snob is nie, anders was dit dalk nie moontlik nie) dan word dit ʼn “lat-relatie!” Mense, selfs die woorde huiwer… hulle verskyn en verdwyn so huiwerendhet hy dit geskryf ; )

Laat ek n “LAT-relatie” verduidelik! Ek is opsig ʼn redelike voorstander van so ʼn verhouding. Kom daarop neer dat hy hoofsaaklik sy vuil ondergoed en sokkies in sy eie huis uittrek en op die grond laat lê om eendag te versorg… en jou panties hang net in jou eie badkamer!

Hy verseker ons dat hy baie goed alleen oor die weg kan kom en absoluut vir homself kan sorg… maar saam dinge doen, is tog iets waarna hy wil strewe… en vir die arme vrou van sy keuse, vermoed ek, meer ʼn geval van sterwe! Sy slot sin het my aan die keel gegryp! Dit het geskreeu dat ek daarop moet reageer: AS JY MEER VAN MY WIL WEET, DAN HOOR EK DIT GRAAG!

I beg your pardon…. het ons nie sopas sy curicilum vitae deurgewerk nie? Met al die terugslae wat hy al in sy korte 51 jaar beleef het daarby! Wat kan ons nog meer vra? O waarom! …het hy ons almal nie ʼn guns bewys en daardie sociale academie studie klaar gemaak nie : O

 Wie gaan saam met my Italiaans leer?

Buon giorno… Buon pomeriggio…. nes buoni en beslis, grazie… vir afronding… mi fanno morti! (grof vertaal… maak my dood)

 Gelukkig is ek ʼn optimis… wiskey en ys help om dit ewig te maak!

Dit staan vas en julle moet my glo! Mans en vroue kan nie vriende wees nie… beslis nie platoniese vriende nie!

Vir my, wat met hoofsaaklik seuns as vriende groot geword het, bly dit ʼn ongelooflike besef. Hulle lieg in die movies… daai beste palle van skool af… Dit kon in skool gewerk het! Maar daarna doen dit nie meer nie. Dit lyk my ons verloor daaardie onaantreklikheid van hoërskool waar die seuns net agter die populêre, voor op die wa meisies wat netbal speel, aan geloop het. Waar jy, skaam, liewe en teruggetrokke vriendin, wat hokkie gespeel het (griffel… griffel) gehelp het om hulle kwylstrepe op te droog sodat die juis populêre, netbalspelende meisies nie daarin gly en sodoende jou beste buddy se kanse nog verder verspeel nie. Skielik… hoef jy nie meer netbalspelend te wees nie! Ook nie populêr of voor op die wa! Nee jong, jy verwef ʼn nuwe en miskien dalk ook desperate : ( aantreklikheid vir klaarblyklik ewe desperate mans… wat so tussen haakies jou verseker het dat hy jou net as vriendin sien!

Waar gaan my kabaal oor… Dirkie! Dirkie van Groningen het soveel roet in die ete gegooi dat ek nogsteeds na asem hap en hoes.

Ek is stupid! Ja, laat ek dit nou ook maar eerlik erken en van die bors af kry… EK IS STUPID! Ek het dit sowaar nie sien aankom nie!

Ek en Dirk het soos goeie “skoolpalle” die afgelope maande oor en weer gebel en gekuier. Soms saam probeer sin maak van vreemde situasies in ons beide se dating lewe… lot bekla oor te min belangstelling of gewaarsku as die een te grootmoedig was. What went wrong?

Ja, dit wil ek ook graag weet. Wat ek wel weet is die volgende. Ons het gedurende ʼn kuier besluit om vir ʼn paar dae saam weg te gaan. Ons hou alby van Duitsland, veral die Rhyn gebied. Ek en my ex het dit plat gery toe ons nog saam was en hy het dit weer met sy familie. Dus besluit ons om ʼn paar dae daar te gaan rondry. Hotel is geboek, roete wat ons gaan vat is uitgewerk en ek het al besuit wat ek vir padkos gaan maak. Hy sou die nag by ons kom slaap en die volgende oggend vroeg spring ons in die pad. So gesê… so gedaan.

Ons het die aand van sy aankoms almal saam geëet en kort daarna is beide my kinders weg. Dogter sou by haar kêrel gaan slaap en seun het met vriende uitgegaan. Ek en Dirk was dus alleen. Nee wag… wag, dit het nog nie heeltemal verkeerd gegaan nie! Ek het Dirk my kamer gegee en ek sou in my dogter se kamer slaap.

Na koffie op my “groot” balkon, het ons reggemaak vir bed, aangesien ons vroeg sou opstaan. Ek was al getooi in my “nighties” toe Dirk na my roep. Ek loer by die deur uit en… skrik my byna in ʼn koma! Die man staan in die gang met net sy onderklere… ek het genoem dat hy so rond is soos hy lank is… spierwitte bene en ʼn houding van… “kyk wat het ek vir jou in die aanbieding!”

My verstand het geweier om die boodskap te vat. Ek het hom dus op sy vraag geantwoord, weereens ʼn goeie nag toe gewens en my deur beslis toegedruk. In die bed het ek myself afgevra of ek die seine reg gelees het en het daarna benoud na die kamerdeur gekyk wat nie ʼn slot op het nie! In die jare sestig, wat die woonstelle gebou is, was dit natuurlik vrye liefde! Geen siel wou ʼn slot op haar/sy deur gehad het nie. Sedert die jare 2000 is ons, hier in elk geval, nog net so vry met die liefde, maar ons het soveel meer regte by gekry, dis nou as vroue, en ons is meer kieskeurig en sodoende is daar meer sprake van onwelkome attensies!

Ek het êrens aan die slaap geraak en die volgende oggend was dit asof die voorval nie plaasgevind het nie. Hy was die gewone Dirk waarmee ek vriende geword het.

Ons het in die pad geval, ek het met etenstyd komplimente gekry oor my hoeder pastytjies, die boerewors en toebroodjies wat ek gemaak het. Smiddags het ons by die dorpie aangekom, by die hotel ingeboek en het ek my mond met my eerste koue Duitse bier uitgespoel, salig! Dirk, my vriend, het oral na bekende plekkies gesoek. Hy was een keer van tevore ook in die dorpie en het dit klaarblyklik anders onthou as wat hy dit nou hier gekry het. Dit was sy probleem, ek was te besig om myself te geniet!

Die middag en volgende dag het probleemloos verloop. Daar was ʼn orelmuseun met van die kleinste musiekdoosjes tot kermis draai-orrels. Daar was ook ʼn wyn museum en dan natuurlik die wyn self, die bier en Duitse ete. Ek was blykbaar so besig om myself op die skouer te klop met my “paar dae weg met nog ʼn eie speelmaatjie daarby”, dat ek gemis het dat die speelmaatjie al hoe stiller raak soos die dae verby gaan. Voorlaaste aand sit ons op my balkon en rook ʼn sigaartjie en die gesprek gaan na ons man/vrou soekery. Ek sê ewe op my gemak dat ek besluit het om nog twee maande aan te gaan, as ek in die tyd niemand ontmoet waarvan ek regtig hou nie, gaan ek nie verder my geld verspil nie. En op sy vraag of daar niemand is wat ek nou in belangstel nie, het ek niksvermoedend en baie seker NEE geantwoord!

Dames… ek, gaan in die toekoms na ʼn man soek wat “in touch” is met sy “feelings” tot net voor die trane punt. Eintlik ʼn hele ent voor die trane punt, net om seker te wees ; )

Glo my, as daar heerlike Duitse broodjies en Duitse koue vleis en Duitse yoghurt op jou wag en jy sit al sip-sip aan ʼn lekker koppie tee, wil jy regtig nie gekonfronteer word met ʼn fifty odd man wat met ʼn bewende ken en oë vol trane na jou sit en kyk nie. Op my nugter maag!

Aangesien ek hom in “goeie staat”, volgens my dan, die vorige aand na sy kamer gestuur het, dag ek dat my emosionele tafelgenoot slegte nuus gekry het die vorige aand of die oggend voor ontbyt en toon toe ook die nodige… en simpatievolle belangstelling.

Moes ʼn bleddy nat doek by die kombuis gaan vra om die konfyt taaiheid van my ken af te vee (servet het nie goed gewerk nie) toe ek hoor dat ek die rede vir sy tranedal is! Ja, dit is my skuld dat die hele trip ʼn mislukking is! Mislukking? Watter mislukking? Miskien was ek en hy nie in dieselfde plek nie, want ek het my gate uit geniet!

Nou ja, ek het my ken uit my bord, waarin dit geval het van verbasing, opgetel en hom gevra wat hy nou eintlik bedoel!

Wel-wel… met bewende lippe vertel hy my toe dat hy beoog het om my vir hom te wen gedurende die paar dae. Ek skuif my bord met kaizer-broodjie en ʼn opgehoopte hoeveelheid appelkoos konfyt daarop, voor my weg… my ken neig alweer tafel se kant toe en ek is nie lus vir die gesukkel om al die plakkerigheid weg te kry nie… die hotel antie het hoeka alweer die natlap kom vat!

Shit girls, waar de dinges het die ou die idee gekry dat ek vir hom gaan val? Dit vra ek toe ook vir hom. Het ek jou enige aanmoediging gegee om so te dink? Trane loop… mense kyk! O my moer… gee my maar liewers ʼn macho wat my m-toe stuur nog voor hy eers daaraan sal dink om my te “wen” vir homself!

Nee regtig! Mans wat in voeling is met hulle softside, is totaal overrated! Ons vrouens mag dit graag wil hê, maar ek dink dit is soos mans wat dink dat hulle ʼn “altyd reg vir ʼn knippie” vrou in hulle bed wil hê! Ons is nie verniet gemaak soos ons is nie! Mans toon min tot geen emosies en ons vroue het meer hoofpyn in die bed as daarbuite! Dit is hoe dit hoort, glo my en soek asseblief nie na iets anders nie! Evolusie het ons nog nie verder as dit nie. : )

Om die ontbyt tafel het ons toe uitgewerk dat ek hom geen aanmoediging gegee het nie, hy het soos hy my beter leer ken het… “verlief” begin raak en het op sy eie selwers besluit dat hy my ook verlief gaan kry in die vier dae. Hy het my dus nie “beter” leer ken nie : (

Ons het minder gesellig teruggery… hy wou nog vriende bly… ek baie beslis nie!

Ek het mooitjies in die gat geval waaruit ek hom gedurig probeer hou het. Synde… iets te sien waar daar niks is nie!

My kinders was dood tevrede met my reaksie van: “My f*k, mans is so onnosel soos tien.” Hulle het aangeneem dat my nuwe speelmaatjie nie meer saam met my in die sandbak gaan sit nie!

 

Eeehhh… nee, ek gaan tog nie Fifty Shades lees nie, ek stort my eerder op “Not Quite a Lady” … soos julle kan aflei is die heldin nie onskuldig nie, ook nie nuuskierig nie, maar die held wel… nou ja, nuuskierig… onskuldig is hulle nooit  ; )