Archive

Monthly Archives: Desember 2012

 

Glo dit of te nie, maar ek het die saak aan die roer gekry! Kan jy nou glo dat my “hobbies” n man so n bange hart kan besorg! Of dit die sex : ) saak is en of die regte ouens net my profiel aangeklick, sal ek nie weet nie. Ek is egter aan die brand met n “Kees”

Kees is n eie ondernemer (werk vir homself), wat in sy geval behels dat hy baie met wyn onderneem! As wynliefhebber en komende uit n wynland, het ons byna direk die “famueuse click” gehad wat elke man hier op die site soek. Liewe hemel, kan die elendige manne van n meer geleefde leeftyd kerm oor die “click”

“Bedankt voor jou berichtje, maar ik mis het click tussen ons!”

Goeie moer mense… dis nie dat ek vir die “BOX” n brief geskryf het met alle in’s en out’s van myself nie. Nee… die heldersienende sus en so, maak die bewering op n skaars bewoorde kontakversoek!

Oke…oke, ek weet al wat julle vir my gaan se! Ek weet ek het genoem dat ek nie goed is met die eerste kontakversoek of reaksie op syne nie, maar glo my vry… so bleddy sleg is ek nou ook nie!

Terug na Kees, veel interessanter. Hy het vir my n kontakversoek gestuur met daarin maar die gewone… ek lyk vir hom interessant, tipe van iets. Ek het myself oortref deur n reaksie te stuur wat hom weer terug laat skryf het. Ons is nou al n bietjie meer as n week aan die gang om oor en weer te skryf.

Bietjie vir bietjie begin ons nou al wyer te praat as net ons gemeenskaplike liefde vir wyn. Hy weet nou al hoe ek in Europa beland het en ek weet hoekom hy doen wat hy doen. En ons beweeg nou vinnig na die volgende fase van ons kontak. Dit kan twee dinge beteken! Vir die versigtige soort, gaan dit telefoniese kontak beteken vir n tydjie. Vir die “met ballen” soos my Hollandse medeburgers dit pragtig uitdruk, gaan dit n telefoon oproep wees om n date te reel.

Ek weet alreeds dat hy n date wil, dit het die man al laat deurskemer. Die vraag is of ons n tydjie op die telefoniese kontak platform gaan sit en of dit n hop en skip word na die afspraak! Daar is net een manier om dit agter te kom, versamel jou “ballen” en maak n voorstel om mekaar te bel. Het ek gedoen…?! En hy het gehap!   

 

Hoi meisje,

Ik wil je morgenavond best wel bellen, maar ik kan je niet bellen want ik heb je telefoonnr niet, want die heb je niet gegeven in je mail van vandaag???

Ben het gewend om lange dagen te maken. Vroeger toen ik  de winkel had maakte ik zes van zulke lange dagen (alleen zondags vrij). Het is nu een weelde om 2 dagen vrij te zijn en nog mooier om dat met iemand te delen??

Samen in het diepen springen hand in hand en niet los laten, dat is toch mooi??? Over de eerste afspraak heb ik een idee maar dat hoor je morgen van mij.

Morgen een leuke dag en tot morgenavond

 XXX en groetjes

 Kees

Mense, ek gaan lieg as ek se dat ek nie die bewerasies het nie. Wat is ons tog belaglik! Die rede vir my bewerasies is:

  • Dit gebeur alles bleddy vinnig!
  • Ek dink hy is oulik… maar ek weet nog nie seker nie, want…
  • Dit gebeur alles bleddy vinnig!

Goed… goed, dit is dus n bietjie vinnig… hoe het dit nou weer gegaan toe ek jonk was? Hoekom was dit toe soveel meer normaler? Dit was n pal van n pal en julle het casual n aand deur gekuier en besluit om dit weer te doen of n stupid gesprek begin op die dansvloer of aan n kroegtoonbank en dit is weer herhaal! Dit was tog regtig net soveel normaler as dit waarmee ek nou besig is!

 

Hallo JC,

Ondanks de harde wind slaap lekker en tot morgen via de telefoon??

Groetjes, Kees

Aai… jai… jai… jai… jaai! Ek weet nie van julle nie, maar ek gryp na daai “ballen” van my en wag met spanning op sy oproep!

 

Shieeeeeet! Wil julle dit hoor? Regtig…. wil julle dit hoor? Oke, dit het soos volg gegaan.

Hy het gebel! Ons was alby beslis senuweeagtig! Ek was nog besig om hom n antwoord te gee op n vraag van hom, nog nie eers vyf minute in gesprek in nie, toe ek hom tussendeur hoor se… “Dit is het niet! Dit is het nie!” bly hy herhaal soos n grammafoon plaat waarvan die ou vergeet het om die arm met die naald op te tel.

Ek was aanvanklik, soos met my “vat niks nonsens Hollandse vriendin en haar second love” eers te f%^&^*n verbystert om te begryp wat gebeur. Wat die man vir my probeer se het, het soos n middeloor ontsteking wat byna gesond is na my toe gekom. Dit was so asof die klank deur n nou, dun tonneltjie op my afkom. Maar toe dit arriveer, toe weet ek wat die man se! En toe weet ek wat ek moet se!

‘Dat is dan toch heel duidelijk! Bedankt voor het belletje en totsiens!’

Die keer vermoed ek was daar nie eers n pot wat ek kon missit nie… dit was sommer straight foreward op die klippe!

Het ek dit oorleef, wonder julle seker nou? Dit was n aaklige ervaring, met n man wat ek vermoed, n idee in sy kop gehad het oor my of oor hoe ek gaan klink. En… wat toe nie in pas met die werklikheid was nie! Agteraf gesien, kon ek hom dalk eerder gevra het wat hy met die woorde bedoel… of hom gekonfronteer het met sy onbeskofde gedrag teenoor my.

Agteraf is n mens mos heelwat slimmer… dalk n volgende keer.

Intussen gaan ek tog nog n paar lekkies aan die wond gee ; )

 

Daar is wragtig geen Hollander wat van my hou nie! Hulle kyk wel, maar reageer nie! Dis mos ongehoort, man! Down right impossible en beledigend!

Maar tog waar! Ek moet dus terug gaan na die drawingboard! Nou sit ek met die curser van my muis huiwerend op my profiel… iets moet dalk weg of baie moet by. Oke, die sex : ) as hobby moet beslis weg! Snaaks is snaaks, maar dit is blykbaar regtig nie snaaks nie!

Nou moet ek erken dat ek nog n probleem het… behalwe dat ek struikel en val oor my kontak versoeke en reaksies op n kontakversoek… kan ek vir die dood nie myself verkoop nie! Jy kry mense op die sites wat poetiese stukke skryf.

Jy het wel n halwe dag nodig om die stuk deur te werk (as jy dan aan die einde kom dink jy… wat wil hy nou weer?… en dan begin jy weer te lees of gryp na die koukiepen en onderstreep hoofpunte jou rekenaar skerm). Maar as dit eie skryfgoed is… nou ja, skryf my af… want dan gaan ek my gat sien by die ouens. Verbaal heeltemal te gebalanseert vir my!

Ken jouself! Daar gaan dit om en ek kan julle verseker dat ek na byna dertig jaar in die buiteland behoorlik spook met die tale wat ek intussen bemeester… ha ha ha… het. My Nederlands klink soos Afrikaans en my Afrikaans klink soos Nederlands en my Engels het halfpad verdwyn in my poging om Nederlands te leer… as iemand een of ander vorm van balans hieruit kan haal… kontak my! Ek kan soms woordeloos staan, met drie tale tot my beskikking… kan ek nie in een van die tale op n woord kom nie!

Great! En ek probeer in Nederlands te vry!

Goed, die sex deel is weg en as ek dink dat my hobbies die volgende beslaan het… lees, skryf en sex : ) – ja… miskien kan n mens verstaan dat hulle nie oorgretig is nie! In die plek van sex, het ek “wandelen” gesit. O, die Hollanders hou van wandelen, seker omdat n mens dit so min kan doen sonder om “zeik” nat te word! (grof vertaal, bleddy nat!) Daar is n nog beter woord…f @#$ – laat maar! Dus ek wandel nou ook en toe dag ek, in for a penny, in for a pound – ek zumba (as ek die geld het) / sport! Yes girl, nou het jy n gebalanseerde vrou hier beet!

Aag… bogger die profiel! Kom ek vermaak julle met n verhaal wat my helemaal dom maak. As julle my eerste mansoek stuk gelees het, dan gaan julle weet dat n “vat geen nonsens” Hollandse vriendin van my met n nie so “denderende” huwelik, gese het dat sy haar op n datingsite gaan inskryf as haar huwelik nie te redde is nie. Wel, sy het besluit dit is nie te redde nie! (Sy sien dit ook nie verkeerd nie, hoor!) Sy het haar intussen ingeskryf op “Second Love” of SL in die kort!

Klink mooi, ne? Second Love… laat dit op jou tong le en voel hoe goed dit voel! Verradelik…. die woord! Dit is nou amptelik… EK IS PREUTS! As my familie dit lees rol hulle op die grond van die lag, want hulle gaan nie met my saamstem nie ; ) Second Love, in hierdie geval is n “ietsie on the sideline!” Ja, hier het ons n site wat cater vir mans en vroue wat reeds getroud is of in n vaste verhouding, maar tog net nie die nodige spanning in hulle verhouding het nie.

En glo my vry… sy hoef nie n stuk te begin soos ek nie! O nee, haar mailbox is vol en word daagliks bygevul met manne wat haar heerlik en heerlik “geil” vind! Ek hoef nie, dink ek, die Hollandse geil vir julle vertaal nie, kanse is goed dat jy die regte afleiding maak. Met haar rokerige blou oe, lang blonde hare en madonna glimlag, is sy n treffer!

Ek wou nog jaloers raak, maar ek was dood eenvoudig net te f#kk@n verbaas vir enige reaksie. En wat sal sy vir my se… ‘JC, jy moet op hierdie site gaan!’ As nagedagte… ‘daar is ook ongetroude mans by, nie veel nie, maar tog!’ Kan ek julle vertel watter ongetroude mans daarop sit… Verdomde “hoofsaaklik uitputtende mannetjies” wat op die aarde geen vaste verhouding wil nie!

Man… ek soek true love… second or not… but very true!
Oke, terug na my profiel… ek is nou sportief en hou van “wandelen” en blykbaar nie meer van sex nie…

Ek het n koppie koffie nodig!